|
|
ISA se gewildste, SAMA benoemde kunstenaar, Snotkop is terug met sy nuwe treffer album en pronk met die jaar se grootste nr.1 hit single ‘PARAPAPA’!!!
Die album is ook vir ‘n 2010 SAMA toekenning genomineer vir beste Afrikaanse Pop album en is tans een van SA top 20 verkopers!
Die eerste treffer vanaf die album ‘Parapapa’ is huidiglik een van die populêrste Afrikaanse liedjies en maak gehore mal reg oor die land en is die liedjie wat daagliks meeste versoek word op SA radio stasies.
Paartie, Paartie, Paartie! Dis wat jy gaan doen die hele somer lank met Snotkop se ongelooflike nuwe album!!!
Die album is propvol lekker PARTY songs en het ‘n heerlike kommersiële, dans aanslag bygekry, die beats is mal, die bas is vet en die kitare klip hard!
|
|
|
Fredi Nest se 6de CD " Grootste treffers " bevat 34 oorspronklike treffers uit sy pen, en 6 bekende nommertjies wat hy deur die jare sy eie stempel gegee het. Grootste treffers van Fredi Nest is beslis sy geld werd, hierdie dubbel cd bevat liedjies soos..Dronkverliefverslaafaanjou, Getoor, Se my, Hey Dj, Ogies vir my , Vuur binne my en vele ander. Dit is n moet vir jou afrikaanse versameling, die tweede cd bevat ook al sy engelse country treffers soos, Runaway train, Hold on woman, Brother come home, Like a satelite en vele ander.
|
|
|
Bobby van Jaarsveld het sonder twyfel uitgestyg as een van die mees suksesvolste kunstenaars wat die afgelope paar jaar die musiektoneel betree het. Met sy Hollywood-voorkoms en sterk stem het hy alles wat nodig is om `n superster te word.
Bobby se debuutalbum, Duisend Ure, het in 2008 goue status bereik en sy nuwe album, Net vir Jou, wat in Oktober 2009 uitgereik is het reeds dubbel platinum status behaal!
Bobby van Jaarsveld het geskiedenis gemaak op 26 Februarie 2011 by die MK Awards in Kaapstad toe hy daar nog twee musiek toekennings gewen het. Hierdie twee MK toekennings het die totaal gebring op 11 toekennings in 10 maande! Sover bekend is Bobby die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat so `n prestasie behaal het.
|
|
|
Kurt Darren, die gewilde en bekroonde multiplatinumster, se jongste Afrikaanse album gryp die ritme in snelrat en streel die lyf vurig romanties!
Ná verkope van oor die 1 miljoen CD’s en vyftien roemryke jare in die musiekbedryf kry Kurt Darren se aanhangers wat hulle wil hê: musiek met skop én hart! Met ‘n allemintige 16 nuutskeppinge spog die album met 100% oorspronklike werk uit die pen van Kurt en sy medeskrywers: Johan Oberholzer, Don Kelly, Marc Brandon en Niel Schoombee.
Daar is g’n albumvullers nie; dis álles treffers. Daar is stuitigheid in die snitte Wegkruipertjie, Hierdie boer soek ‘n vrou, Mooier as hardlooprugby, 8ste wêreldwonder, Halla hallo en Speeltyd. En daar is streelsoet romanse in Onbeskryflik, My one en only en die musikale flits Gemaklike stilte. En dan raak Afrikaans stout en sexy op die snit Ek kry die gevoel. Die blink talent van die bekroonde stingelbênd Romanz en die smeulende nuweling Charlize Berg verleen suiwer swier aan die ballades Ek is hier vir jou en Elke dag by jou. Dit is ook die snitte wat die toonvenster van Kurt Darren se luisterryke stem is en hom die erkenning verleen wat hy as volronde kunstenaar verdien.
Maar dit is die bybly-titelsnit Oos wes tuis bes wat aan dié album ‘n sonderlinge kultuurgeur verleen; gepoets met nostalgie. Noem dit die nie-amptelike Afrikaanse volkslied! Saam met die snitte Groter as groot, Dans in Afrikaans en Dankie Jan besing die album die grootsheid van Afrikaanse mense: trots en patrioties gesond!
|
|
|
MEAN MR MUSTARD is preparing to blow the local music industry out of the water.
The release of their latest album guarantees to surprise, excite and astonish existing fans, and assures a horde of new devotees.
Whilst the previous arrangement of this group has run its course, the fresh new line-up and inventive compilation of musicians passionately embodies the spirit of authentic music.
The album consists of 12 tracks ranging from adult contemporary to numbers with a charming insurgent twist. In short, Mean Mr Mustard have gone to rock – and beyond.
With the enigmatic and monstrously talented Andries Botha as the new lead singer, this innovative new sound is exactly what will elevate them well above their contemporaries.
As proof of their phenomenal new direction, the magical hit single ANGEL was already top of the chart, even before the albums’ release.
|
|
|
"Elkeen van ons het 'n rolmodel. Hier is nou 4 Rolmodelle om van te kies.... 'n 'Swaargewig Komedie Vertoning'. Thys die Bosveldklong, Zak van Niekerk, Vaatjie (Gerhard Odendaal) & Jaco Labuschagne sal jou laat lag dat die lagspiere pyn. Hulle is ons eie weergawe van die 'Grootste Boy-Band' wat die land nog gesien het. Elke Rolmodel bring sy eie unieke styl na die verhoog wat dit 'Vet Pret' maak van begin tot einde. Jy sal baie bekende liedjies hoor en komedie lyne wat onthou sal word lank na die vertoning reeds verby is. Hierdie vertoning is reg vir enige geleentheid wat homself mag voor doen en is waarvoor die land gewag het. Kontak ons nou en wees verseker om jou datum te bespreek vir die swaargewig komedie vertoning, Rolmodelle wat die weegbruè op die land se paaie baie geld sal skuld weens... ag ok, hulle gewig!"
|
|